# Swartskaap kompetisie –   Karen Zoid,

Karen Zoid het ‘n kompetisie gehad met die volgende riglyne.  Maak ‘n video op haar nuwe liedtjie swartskaap waar jy alleen of saam met vriende/ familie headbang.  Dis reg jy het reg gelees. Die videos  moes volharding gee en jou hart uit rock.

 

ZJ Hulpsentrum se oulike skapies het hulle video gemaak.  Die maak van die video was ongelooflik om te maak en nie sonder oefeninge van die maagspiere nie.  Die kinders het nou regtig Rock mal gegaan en een fantastiese video bymekaar gesit.

 

Die video is op sosiale media geplaas asook op Karen Zoid se blad soos al die ander inskrywings.  Op die spel was, om ‘n persoonlike VIP te raak vir Karen Zoid se band.  Hierdie ongelooflike geleentheid kon ons nie laat verby gaan nie.

 

Die mees uniekste & kreatiefste videos was ingeskryf. Toe is dit die wag periode.  Dis nou daai stukkie waar jy naels kou en oë toe knyp.  Die kompetiese was sterk met almal se oorspronklike videos wat ingestuur was.

 

Einde laaste, die aankondiging is uit.

 

“En die wenner is……  ZJ Hulpsentrum van Hartenbos”

ZJ Hulpsentrum is trots op hulle personeel & kinders wat hierdie video bymekaar gesit het.  AS jy dit nog nie gesien het nie.  Geniet dit hieronder.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *